|
Die “Arise Shine Morocco” (ASM) inisiatief is van stapel gestuur |
|
deur ‘n alliansie van sendelinge, sendingorganisasies, asook Marokkaanse Christene. Die doel hiermee is om die gebed van gelowiges oor die hele wêreld op die nood van Marokko, sy onbereikte bevolkingsgroepe en sy opkomende nasionale kerk te fokus. deur ‘n alliansie van sendelinge, sendingorganisasies, asook Marokkaanse Christene. Die doel hiermee is om die gebed van gelowiges oor die hele wêreld op die nood van Marokko, sy onbereikte bevolkingsgroepe en sy opkomende nasionale kerk te fokus. Daar is reeds duisende mense in meer as vyftig nasies betrokke. Tesame met die internasionale jaar van gebed vir Marokko en sy Mense, is ‘n omvattende 64-bladsye “52 weke van Gebed vir Marokko en sy Mense” gebedshandleiding (ongedateer) en ‘n 60 minute ASM Video saamgestel en is dit nou in verskeie landstale teen ‘n vrywillige bydrae vir verspreiding beskikbaar. Beide hierdie hulpmiddels sal in die toekoms van groot waarde wees vir enige iemand wat ‘n belangstelling in Marokko het. Gaan na ons Media bladsy vir meer inligting. |
|
groepe en individue rondom die wêreld om hierdie uitdaging te aanvaar Ten einde verbind te wees vir ‘n jaar van volgehoue ingeligte gebed vir Marokko. Dwarsdeur 2002 sal ASM die jongste gebedsbehoeftes en lofprysingsverslae van werkers en gelowiges in die onderskeie streke van Marokko insamel. Na redigering vir veiligheidsdoeleindes gedoen is, sal e-pos opdaterings aan alle ASM deelnemers gestuur word om kragtige en effektiewe gebed te verseker. Korttermynuitreikspanne sal gefasiliteer en gekoordineer word om op alle streke Marokko te fokus. Meer inligting oor sendingreise is op ons Reise bladsy beskikbaar. |
|
|
ASM is ‘n “grassroots” poging |
|
en is steeds soekend na almal wat God roep om by die mobilisasie en administrasie van ASM betrokke te wees. Kerke, organisasies en individue oor die wêreld word benodig om in hulle onderskeie wêreldstreke te help met koordinering. Ons vertrou dat elkeen wat ‘n hart vir Marokko het, of Moslems na God wil lei, aan ASM sal deelneem. Daar is ‘n veelvudigheid van take wat vervul moet word. ASM benodig gelowiges wat met die vertaling van teks, vir gebruik op hierdie webblad, kan help. Indien jy ons kan help, laat weet ons so spoedig moontlik deur ons te e-pos of deur die voltooiing van die navraagvorm. |
|
|
Begin nou om vir Marokko en sy mense te bid. |
|
Ons plaas reeds tydige opdaterings vir gebed op ons Gebed bladsy. Dwarsdeur 2002 sal die gebedsbladsye opdaterings van gebed en lofprysing vanuit Marokko bevat. Daar sal ook ‘n weeklikse gebedsbladsy wees wat afgelaai kan word om in jou kerk, gebedsgroep of omgeegroep te deel. |
|
|
Indien jy aan ASM wil deelneem |
Voltooi asseblief die vorm op die bestelvorm of stuur vir ons ‘n e-pos. Indien jy van ander weet wat moontlik sal wil deelneem, vertel hulle asseblief van hierdie webblad. Ons verwelkom jou inset en hoop om spoedig van jou te hoor! Sluit by ons aan in geloof en gebed vir die Koninkryk se deurbraak in Marokko. Mag Jesus Christus, die Seun van God, oor Marokko en sy mense heers!
Ter verering van Sy Koninkryk, ASM Administrateurs |
|
|