n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

Week 1

Die Woord van God

Verbeel  jou ‘n lewe sonder ‘n Bybel  in ‘n taal wat jy kan lees.  Jy sal ‘n buitelander, ‘n prediker of iemand met ‘n veel beter opvoeding as jy, benodig om aan jou te deel wat in die Bybel staan.  Natuurlik op die voorwaarde dat jy so ‘n iemand kan vind en dan slegs wanneer die persoon beskikbaar is.

Dit is die situasie waarin die oorgrote meerderheid van die mense in Marokko verkeer.  Daar bestaan vier hoof moedertale, waarvan elkeen uit verskeie dialekte bestaan.  Nie een van hierdie miljoene taalgebruikers beskik oor ‘n volledige Bybel nie.  Tot onlangs was die meerderheid Marokkane van enkeles, wat die Bybel kan lees en vertolk, afhanklik.

Prys die Here dat sommige Marokkaanse Christene nou die visie het om die Woord van God in die taal van hulle eie mense te vertaal.  Klein groepies plaaslike gelowiges raak al beter georganiseerd, hou byeenkomste en ontvang opleiding.

Die Skrif word gepubliseer en gedeeltes word in kasset- en videoformat geproduseer vir daardie Marokkane wat nie kan lees nie.  Toenemende radio en TV lugtyd is nou beskikbaar vir die uitsending van Skrifgebasseerde material in die tale van die mense van Marokko.  Dank God vir die voorsiening in behoeftes van vertalers en vir die verspreiding van afgehandelde produkte.

Die suksesvolle aanvaarding van die verantwoordelikheid  van Bybelvertaling deur lede van die Marokkaanse kerk is noodsaaklik vir toekomstige krag en groei van die kerk.

“Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak.”  Psalm 107:20

“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees;  dit sal nie onverrigter sake na My terugkeer nie, maar dit sal doen wat ek wil he en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”  Jesaja 55:11

  • Bid dat die vertalers duidelik, akkuraat en natuurlik sal wees.
  • Bid vir ‘n hongerte vir God se waarheid in die harte van alle Marokkane.
  • Bid dat die Skrifte almal sal bereik in ‘n formaat wat hulle as hulle eie sal aanvaar.
  • Bid dat die vertalers geseen sal word in hul interaksie met God se Woord en dat hulle beskerm sal bly teen siekte en enige ander aanslae.
 


arise shine morocco