n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 2

Gestremde Persone

Tien persent van die bevolking, sowat drie miljoen Marokkane, is gestrem.  Baie arm persone neem gestremde familie in diens om vir hulle te bedel.  Dit is ‘n algemene verskynsel dat gestremdes hul gebreke aan verbygangers ten toon stel.  Hierdie praktyk word deur die Islamitiese geloof  versterk, aangesien daar geglo word dat die uitdeel van aalmoese ‘n mens se aanvaarding voor God versterk. ‘n Liggamlike gebrek word as ‘n lot bestempel wat  sonder kla aanvaar behoort te word.

Hierdie denkwyse het onlangs onder Koning Mohammed VI begin verander. Daar bestaan nou ‘n nuwe  bewuswording van die behoeftes van gestremdes in die samelewing.  Baie verenigings probeer nou deur middel van internasionale organisasies of Marokkaanse regeringsinstellings hulp verkry.

Ten spyte van hierdie pogings is daar nog baie uitdagings en ‘n groot agterstand in mediese bystand en toerusting soos rolstoele, prostesis, ensovoorts. Baie fisiese gestremdes word verwaarloos en moet kruip waar hulle wil wees en leef hulle in armoede en smaad.  Gewone skole aanvaar nie die oorgrote  meerderheid  gestremdes nie en daar is slegs ‘n handjievol spesiale skole in Marokko. Die meeste gestremde kinders bly tuis en ontvang geen onderrig nie.

Vir diegene wat onderrig ontvang het is daar nuwe uitdagings om werk te soek.  Daar is min wat bereid is om ‘n gestremde persoon in diens te neem, al beskik die persoon ook oor die verlangde kwalifikasies en is hy in staat om die werk volkome te kan doen.

“Lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing.  Strome water sal uit die woestyn bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld.” Jes 35 : 6

“Ek gaan nou optree teen almal wat jou onderdruk het, Ek gaan die kreupeles help, die verstrooides bymekaar maak en die vernedering wat hulle moes ondergaan, in eer verander, in roem oor die hele aarde” Sefanja 3:19

  • Bid vir die voortdurende verandering van die mentalitiet van die Marokkaanse mense.
  • Bid vir finansiële ondersteuning van verenigings wat bereid is om materiële hulp te verleen.
  • Bid dat skole vir gestremde kinders opgerig sal word in al die groot stede.
  • Bid vir die pogings wat  Koning Mohammed VI en sy regering aanpak om gestremde persone te help.
 


arise shine morocco