n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 3 |
CasablancaSien in jou verbeelding ‘n groot, groeiende stad met ses miljoen inwoners. Die Groot Hassan II Moskee, die tweede grootste moskee in die wêreld, wat langs die see bo die stad uittoring. Spoggerige kafees en duur boetieks langs strate, wat ses bane breed is. Hierdie strate is stampvol huurmotors, motors, busse, motorfietse en luukse perdekarre.Casablanca is bekend as die “Gateway City“ van Marokko, en is die ekonomiese en kulturele rigtingaanduider vir die nasie. Hier woon mense wat van oral in die land afkomstig is en wat elke groep mense verteenwoordig. Miljoene het hierheen gekom om werk te soek en om ‘n fortuin te kom maak. Terwyl van Marokko se rykste families in Casablanca woon, is die meerderheid arm of van die middelklas afkomstig. Fantastiese villas staan langs die armste pondokke. Groot gesinne, bestaande uit ses of meer volwassenes, woon in huise wat uit net twee of drie kamers bestaan. Werkloosheid is hoog en persone wat wel ‘n werk het word nie ‘n gereelde salaris betaal nie. ‘n Miljoen of meer mense woon in plakkersdorpe wat agter mure in die stad “weggesteek” word. Baie verloor hoop en neem hul toevlug tot bedel , dwelmmiddels, alkohol, misdaad of prostitusie. Ryk en arm, kragtiges en kragteloses, opgevoedes en ongeletterdes, gesofistikeerdes en eenvoudiges word almal in Casablanca aangetref. “ Mag God die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word, deur die krag van die Heilige Gees.” Romeine 15 : 13 “”Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat dit nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen “ Lukas 3: 11
|

