n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 4

Tegnologie

Marokko is ‘n veranderende gemeenskap weens die onlangse vooruitgang in tegnologie en die groeiende aantal mense in die middelklas. Die gebruik van satelliet televisie, die internet en selfone het die afgelope dekade drasties toegeneem.

Wanneer enige stad in Marokko ondersoek word, is dit duidelik dat ‘n satelliet skottel by menige huise in gebruik is.  Mense word nou aan daaglikse kontak met westerse nuus en programme in hulle huise blootgestel.    

Gedurende die afgelope paar jaar het daar duisende internet kafees in Marokko geopen.  Marokkane sien nou nie net die lewe buite Marokko op televisie nie, maar is hulle ook in verbinding met mense buite hulle land met behulp van onder andere e-pos.

Sendingorganisasies produseer Bybelstudies op CD Rom en DVD met die doel om dit vir teologiese opleiding te gebruik. Die benutting van hierdie tegnologie gaan na verwagting ‘n groot impak hê,  aangesien al hoe meer Marokkane toegang tot persoonlike rekenaars en videotoerusting kry. Selfs die gebruik van selfone gaan nuwe geleenthede skep vir effektiewe bedienings.

Loof God vir die nuwe deure, wat deur middel van verbeterde tegnologie, geopen is om die evangelie by Marokkane uit te kry.  Ongelukkig het daar terselfdertyd korrupte invloede beide die televisie en die internet getref. Die kommer bestaan dat hierdie korrupte invloede daartoe aanleiding sal gee dat daar ‘n generasie na vore sal kom wat hulle rug op tradisionele Marokkaanse waardes sal draai en dat hulle eerder die immorele westerse standaarde sal aanvaar.

“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid kan bekom.” Psalm 90: 12

“…sodat julle die dinge sal onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,” Fil 1:10

  • Bid dat nuwe tegnologie effektief as instrumente aangewend sal word om die harte van die onbereikte mense van Marokko met die Evangelie te bereik. .
  • Bid dat nuwe Christelike programme ontwikkel sal word om in Marokko uitgesaai te word.
  • Bid vir wysheid vir effektiewe bedienings aan die Marokkane deur middel van die internet.
  • Bid dat die Marokkaanse gemeenskap eerder deur goddelike Christelike waardes beinvloed sal word dan deur immorele “Westerse” waardes.
 


arise shine morocco