n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 5

Kinders

Kinders is baie belangrik in Marokko en word met deernis en liefde behandel, veral in hulle vroeë jare.  Verskillende skattings dui daarop dat meer as die helfte van Marokko se bevolking onder die ouderdom van agtien  jaar oud is.

Daar is groot verskille tussen die manier waarop kinders in die stedelike versus landelike gebiede grootgemaak word. In die stede en dorpe gaan dogters skool toe en neem besluite waaroor hulle moeders nie eens sou kon droom nie.  Meer as enkele seuns word groot met Play Stations, Game Boys en Nintendo. Ouers in landelike gebiede koester groot verwagtinge vir hulle kinders, en vir die geleenthede wat akademiese opleiding hulle kan bied.  Alhoewel die gebruik aan die uitsterf is, verseker sommige ouers nog steeds dat hulle jong seuns as vakleerlinge opleiding ontvang in die geskoolde vakmanskap van ‘n spesifieke besigheidsrigting.

Landelike kinders ervaar oor die algemeen ‘n moeiliker lewe.  Die regering werk aan die verbetering van opleidings geleenthede vir skoolgaande kinders, veral in afgeleë landelike nedersettings.  Daar is egter etlike ouers wat nog steeds verkies om hulle kinders by die huis te hou om te help met take soos die versorging van vee of die oppas van ander jonger kinders.  Seuns so jonk as 7 en 8 mag die hele dag buite doenig wees met die oppas van skape en bokke. Dogters van dieselfde ouderdom verrig huishoudelike takies terwyl die jonger kinders waterkruike op hulle rug moet rondkarwei.  Speelgoed in die landelike gebiede bestaan gewoonlik uit gebreekte afvalstukkies wat deur vindingryke kinders tot ‘n speelding omskep word.

As gevolg van die invloed van televisie, radio en boeke, word kinders en studente dikwels aan nuwe idees blootgestel.  Baie van hulle kies nie meer vanselfsprekend om die tradisies van hulle families na te volg nie.  Groeiende getalle het alreeds ten minste ‘n deel van die evangelie deur satellietprogramme en die Jesus film gehoor.

“ Maar Jesus het gesê,” Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” Mattheus 19:14.

  • Bid dat Marokkaanse kinders sal begeer om die waarheid te ken, en Hom sal ontdek
  • Bid dat hulle die euwels in hulle gemeenskap sal afsweer, en die goeie ontdek.
  • Bid dat hulle die stem van die Goeie Herder na hulle sal hoor roep.
 


arise shine morocco