n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 6

Sahara

‘n Groot yl bevolkte woestyn verbind die suidelike en oostelike grense van die hedendaagse Marokko.  Die Sahara-gebied is die tuiste van inheemse nomadiese mense wat tot 1975 deur Spanje geregeer is.  In daardie jaar het die koning van Marokko, Hassan II, honderde duisende van sy onderdane vir ‘n vreedsame optog na die Sahara opgeroep, en die gebied daarna as ‘n historiese deel van Marokko geproklameer.  Wat vandag as die “Groen Mars” bekend staan en jaarliks gevier word, het as ʼn proses begin wat tot gevolg gehad het dat hierdie gebied vandag deur Marokko geregeer word.

Vir meer as ʼn dekade het politieke en militêre faksies ‘n sporadiese oorlog met Marokko gevoer oor die soewereiniteit van hierdie gebied.  Tienduisende mense het vlugtelinge geword en meer as ‘n generasie later word hulle steeds in vlugtelingkampe in Algerië aangetref.

Die Verenigde Nasies het geprobeer om as bemiddelaar vir dié gebied op te tree, maar met min sukses.  Die internasionale diplomatieke stryd wat oor hierdie vissery- en fosfaatryke gebied gevoer word, duur reeds meer as ‘n kwart eeu lank.

Die plaaslike mense is deesdae minder geneig om in die woestyn rond te reis en sal eerder in die kleiner dorpe en oases byeenkom.  Sommige van hulle het steeds kuddes bokke en kamele, maar beskik hulle oor ‘n besonder hoë geletterdheidsyfer.  Opvoeding word baie hoog geag en baie jongmense is studente aan universiteite in Marokko en oorsee.

In die verlede was daar relatief min geleenthede vir hierdie mense om die Goeie nuus te ontvang, maar het hulle onlangs begin om die aandag van die Christelike wêreld te trek.  Die droogte, hoë temperature en moeilike lewensomstandighede in die Sahara is nie baie welkomend nie, maar is die mense hierteenoor egter baie gasvry en warm.

“Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld en laat honger mense hulle daar vestig dat hulle stede kan stig om in te woon.”  Psalm 107:35-36

  • Bid God se vrede af oor die land.
  • Bid dat baie mense hulle sekuriteit in die Here sal vind.
  • Bid dat die land geseën sal word, daar ‘n einde aan die droogte sal kom en die vlugtelinge na hulle tuisland sal kan terugkeer.
 


arise shine morocco