n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 7

Stede & Platteland

Abdulah was terug waar hy begin het.  Wat gaan hy doen?
Abdullah het in ‘n klein boerderygemeenskap, ‘n uur se ry van die naaste dorp, opgegroei.  Soos baie ander jong mans het hy, nadat hy op hoërskool gegradueer het, sy tuiste verlaat om werk in Casablanca, die grootste handelsentrum en stad in Marokko, te gaan soek.

Na verskeie jare van arbeid in fabrieke, waartydens hy ‘n oorvol kamer met sy mede werkers moes deel, sy eie kos moes maak en waartydens hy skaars kon oorleef, het hy besluit om na sy dorpie terug te keer.  Abdullah was moeg van al die geraas, die besoedeling en die onpersoonlike aard van die stedelike lewe.  Hy het sy familie, die stilte, die vars lug, sy vriende en sy huis gemis en daarom het hy na sy geboorteplek teruggekeer.  Kort voor lank het hy te staan gekom voor die tekort aan beskikbare werk en kon hy slegs tydelike werk vir ‘n dag of twee as ‘n plaaswerker kry.

Abdullah se verknorsing is tipies van so baie mense wat na die stede toe gelok word.  In 1960 was 70% van die Marokkane in die plattelandse gebiede woonagtig.  Vandag is meer as die helfte van die Marokkane in die stedelike sentra teenwoordig, hoofsaaklik as gevolg van stedelike migrasie.

Van die jarelange stedelinge sal dikwels nog sterk bande met hulle uitgebreide families in die dorpies van hulle voorvaders handhaaf.  Baie van hulle identifiseer hulself steeds met die gebied of dorpie waar hulle familie oorspronklik vandaankom.

Ten spyte van hulle motivering om ‘n beter lewe deur werk in die stede te verkry, vind baie mense nie die “goeie lewe” daar nie.

“Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?” Markus 8:36.

Jesus het vir hom gesê:  “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.”  Markus 5:19.

  • Bid dat die miljoene Marokkane wat hulle huis en families agtergelaat het om ‘n beter toekoms in die stede te gaan soek, Christus Jesus in die proses sal vind.
  • Bid dat Marokkane wat in die stede tot geloof in Christus kom, toegerus en bekragtig sal word om die Evangelie terug te neem na hulle families en vriende in die plattelandse dorpies.
  • Bid dat die primêr stedelik gebasseerde Marokkaanse kerk ‘n visie en passie sal kry om die omvangryke plattelandse bevolking te bereik.
 


arise shine morocco