n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 8

Islamitiese Gewoontes

Wanneer jy ‘n taxi betree, sal jy die hand van die Fatima simbool onmiddellik in die motor opmerk. Hierdie simbool dien as beskerming teen die bose oog.  Die taxi eienaar en bestuurder hoop die amulet of gelukbringer sal teenspoed afweer en vir hulle goeie geluk bring.

Besorgde bure waarsku ‘n jong moeder:  “Wanneer jy buitentoe gaan, draai jou baba toe sodat niemand haar gesig kan sien nie.  Jy wil nie hê mense moet ‘n bose oog op haar lê nie!  Iets slegs kan gebeur of sy mag siek word en doodgaan!”

Voordat mense ‘n maaltyd eet sal hulle eers “bismillah” (in die naam van God) sê.  Die geestelik korrekte betekenis van hierdie gesegde beteken:  “Ons eet hierdie maaltyd in die naam van God.”  Die meer akkurate bedekte betekenis is:  “In geval daar dalk gif in hierdie kos mag wees, vertrou ek die naam van Allah om dit te reinig.”

Die platteland is besaai met grafte van Moslem heiliges en wat as pelgrims- en feestelike terreine vir die behoeftiges dien.  Mense glo hierdie heiliges het ‘n sekere “baraka”  (geestelike mag) en besoek die grafte om vir ‘n wonderwerk of guns te vra.  Die ongetroudes soek eggenote, onvrugbare vroue verlang swangerskappe en die werkloses soek werk.

Onder die vaandel van Islamitiese ortodoksheid in Marokko is ‘n bygeloof wat in hierdie en ander praktyke manifesteer.  Daar word hierna verwys as “Gewoonte Islam”.  Amulette, gelukbringers, die bose oog, waarsêery, heksery en towery (duiwelskunste) is volop.  Morokkaanse Moslems is dikwels meer as Westerse Christene bewus van die geestelike wêreld, en die meeste glo in hierdie volksgebruike.  Omdat hulle nie deur die Heilige Gees, wat groter as die prins van hierdie wêreld is nie, gelei word nie, glo hulle dat hulle sekere voorsorgmaatreëls moet tref om teen geestelike boosheid beskerm te word.

“Daarom sal julle nie meer gesigte sien wat nie daar is nie en sal julle nie met julle waarsêery aangaan nie.  Ek sal my volk red uit julle mag.  Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”  Esegiël 13:23

“Moenie die duiwel vatkans gee nie.”  Efesiërs 4:27

  • Bid dat God die Morokkaanse Christene van die vrees en bygeloof, wat baie van hulle volksgenote teister, sal bevry en dat hulle geestelik beskerm sal word.
  • Bid dat God Sy mag oor boosheid sal laat manifesteer deur die ware genesing en bevryding in en deur Moslerm gelowiges.
  • Bid dat die mag en dominering van Satan oor Marokko verbreek sal word.
 


arise shine morocco