n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 9 |
FESGevestig in die agste eeu as die eerste Islamitiese dorp, is Fes bekend as die geestelike en Islamitiese kulturele sentrum van Marokko. Omring met verskeie steil heuwels, is dit een van die grootste en mees interessante bewoonde middeleeuse stede in die wêreld. Massiewe antieke stedelike mure met impossante hekke omvou ‘n kraaines van smal keisteen (ronde klippe) strate en gangetjies, wat nog nooit enige vierwielverkeer gesien het nie.Die Kairaouine universiteit en moskee dateer terug tot in die negende eeu en is geleë in die middel van die ou ommuurde stad (medina). Die universiteit en moskee het Fes die beroemde sentrum van die Islamitiese lering gemaak. Hierdie erfenis het gehelp om Islam diep in te wortel in die harte van die Fessi mense. Hulle het derhalwe ‘n geestelike trots wat hulle gemeenskap en kultuur deurdrenk. Baie van die Fessi’s het invloedryke posisies in die regering en gemeenskap dwarsoor die land. Hierdie stad van een miljoen mense moet nog sien dat samehorigheidsliggame van Christus gevorm word. Oor die jare het groepe gelowiges vir ‘n tydlank bymekaar gekom om dan weer uitmekaar te spat as gevolg van die druk van die owerhede, interne konflikte en vrees. Deur geloof is die situasie egter besig om te verander. God is aan die werk en doen sekere opwindende nuwe dinge in Fes. Mag hierdie jaar die jaar wees wat Hy ‘n Fessi-Kerk daarstel wat sal volhard. ‘n Jaar waarin Fes die vernuwende geestelike sentrum sal word wat die lig van die Evangelie van Jesus na die res van Marokko en na die hele wêreld sal laat skyn. “Die hoogmoediges sal verneder word, die selfversekerdes sal tot ‘n val kom. Op dié dag sal net die Here hoog wees.” Jesaja 2:17 “Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.”
|

