n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 10 |
|
Operasie Transito Ons stryd is nie ‘n vleeslike stryd nie. Dit is teen die magte van Satan wat die oë van mense verblind vir die waarheid wat hulle kan vrymaak. Die mense wat vir Operasie Transito werk is bewus hiervan. Hulle versprei pakkies met Christelike materiaal aan Moslems in Europa, wat wag om aan boord te gaan van veerbote wat hulle sal terugvervoer na hulle tuistes in Noord-Afrika. Hierdie verspreiding van geestelike materiaal in Marokko is onwettig en derhalwe bykans onmoontlik. Dit mag egter openlik in die oorsese hawens versprei word. Om hierdie Moslems sover te kry om die pakkies te aanvaar, verg meer as ‘n vriendelike glimlag. Om met Christelike materiaal in Noord-Afrika gevang te word, kan ernstige vervolging en straf inhou. Maar baie aanvaar dit! ‘n Ou man het vertel dat sy seun twee jaar tevore ‘n pakkie ontvang het en dat sy hele familie nou hulle geloof in Jesus stel. ‘n Dorp in Noord-Afrika het nou ‘n kerk wat begin is deur inwoners wat die Operasie Transit pakkies ontvang het. In onlangse jare het die materiaalverspreiding uitgebrei deurdat daar nou gespesialiseer word om pakkette, in die tale wat die groter meerderheid van mense in Marokko praat, in te sluit. Verlede jaar was ongeveer 100 Midde-Oosterse Christene betrokke in die hoop om meer te leer oor hoe om hulle Moslem-bure te bereik. Operasie Transito is waarskynlik een van die mees effektiewe maniere om Christelike geskrewe en oudio/visuele materiaal in die hande van die Marokkane te kry. Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jy kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige.” 1 Samuel 17:45. “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg.” Hebreërs 4:12.
|

