n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 11

Familiewaardes

Familie is die hoeksteen van die Marokkaanse gemeenskap.  Dit vorm die identiteit van elke persoon. ‘n Individu se eer en waardigheid is gebonde aan die eer en waardigheid van sy familie.  Families moet elkeen van sy lede teen skande beskerm en elkeen moet aan norme voldoen wat verhinder dat die familie in ‘n verleentheid gestel word.

Ouderdom beteken eer vir Marokkaanse families.  Jong familielede eer en respekteer grootouers, ouers en ouer tantes en ooms wat met groot waardigheid en toewyding behandel word.  Dit is nie vreemd om drie tot vier geslagte saam in een huis woonagtig te wees nie.

Lojaliteit, wedersydse ondersteuning en gesamentlike besluite is noodsaaklike elemente van die Marokkaanse familielewe. Elke familielid is daarvoor verantwoordelik om ‘n bydrae te lewer vir die familie se behoeftes. Die familie is nou betrokke in die soeke na werk en huweliksgenote vir sy lede.

‘n Marokkaan wat ‘n Christen word mag groot skande oor die familie bring en die “oortredende”lid mag as dislojaal beskou word.  Omdat die familie die primêre bron van sosio-ekonomiese voorsiening is, word die afgedwaalde lid onder groot druk geplaas. Die keuse om Christus te volg, lei dan dikwels tot verwerping deur sy familie en vriende. Die Christelike gemeenskap moet leer om effektief as die kultureel toepaslike geestelike familie op te tree as hulle ‘n florerende kerk wil stig.

"Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar."
Romeine 12:5

"Daar in sy tempel is Hy ‘n Vader vir weeskinders," Psalm 68:6a (Die Lewende Bybel)

"Hy en sy hele huisgesin was vol blydskap omdat hulle nou in God geglo het."
Hand 16:34b

  • Bid vir die oprigting van ‘n gemeenskap van gelowiges wat behulpsaam kan wees  om die ondersteunende stelsel te vervang wat agtergelaat word wanneer ‘n Christen deur sy familie verwerp word.
  • Bid dat Christen enkellopendes met Christene sal trou sodat Christelike families tot stand sal kom wat so nodig is vir die stabiliteit en getuienis van die kerk.
  • Bid vir die bekering van hele families.
 


arise shine morocco