n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 12

Korrupsie

Dit lyk dit asof die familie se oes tot mislukking gedoem is as gevolg van ‘n tekort aan reën.  Jy het geen werk nie en slegs een van jou twee broers beskik oor ‘n inkomste. Sy gemiddelde salaris is die hoof inkomste van jou familie, wat  uit agt volwassenes en drie kinders bestaan.  Dit is ‘n stryd om in die behoeftes van almal te voorsien en baie van die bure verkeer in dieselfde omstandighede.

Jy soek reeds maande lank na werk, selfs in ‘n ander stad.  Uiteindelik verneem jy van ‘n betrekking waarvoor jy kwalifiseer.  Jy gaan sien die persoon wat vir die aanstellings verantwoordelik is.  Hy deel jou mee dat jy die werk kan kry, op die voorwaarde dat jy hom ‘n bedrag, gelykstaande aan ‘n derde van jou broer se inkomste, geld wat jy nie het nie, betaal.  Baie Marokkane verkeer in dieselfde situasie.  Wat sou jy doen?

Hierdie is maar een voorbeeld van die korrupsie wat algemeen in Marokko voorkom. Dit gee aanleiding tot uiterste frustrasie en depressie by elke Christen of Moslem wat ‘n eerlike bestaan wil voer.  Dit is verder die oorblyfsels van ‘n feudale stelsel wat tot diep in die twintigste eeu geduur het.  Daarvolgens kon enige persoon in ‘n bemagtigingsposisie, wat noodgedwonge met hulle moes onderhandel, dit misbruik om fondse van ander af te dwing.

Ondanks groeiende pogings van owerheidsweë om dit te bekamp, bly korrupsie steeds ‘n neerdrukkende vloek op die Marokkaanse gemeenskap.

"Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde," Numeri 14:19

"Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het.  Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur."
2 Petrus 1:4

  • Bid vir die pogings van die Marokkaanse owerheid om korrupsie te beëindig.
  • Bid dat gelowiges (Marokkane en vreemdelinge) nie in hierdie euwel betrokke sal raak nie maar dat God in hulle belang sal optree om ‘n regverdige uitkoms vir hulle te gee.
  • Bid vir die volkome vernietiging van gevestigde feudale gewoontes wat korrupsie ondersteun.
 


arise shine morocco