n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 13

Marokkaanse Jode

Marokko is die enigste arabiese land wat 'n Joodse gemeenskap van enige grootte bewaar het.  Die eerste Jode het tweeduisend jaar gelede na Marokko gekom.  Baie Berbers het hulle in die daaropvolgende eeue tot die Joodse geloof bekeer.  Die Joodse gemeenskap is verder deur vlugtelinge van die Spaanse Inkwisisie, en deur immigrante gedurende die Franse besetting, uitgebrei.  Gedurende die 1960's het ongeveer driehonderd-duisend Marokkaanse Jode na Israel geïmmigreer terwyl ongeveer 10,000 Jode in Marokko agtergebly het..

Jode is die enigste amptelik erkende godsdienstige minderheidsgroep wat Marokkaanse burgerskap dra.  Koning Hassan 11 het 'n betekenisvolle rol agter die skerms gespeel tydens die Midde-Oosterse konflik en vredesonderhandelings.  Die grootste buitelandse afvaardiging wat sy begrafnis bygewoon het, was vanaf Israel.

Daar is 'n anti-Joodse sentiment onder Marokkane te bespeur en die meeste het 'n groter gevoel van wantroue en afkeer aan Jode as wat hulle vir Christene het. Jode in Marokko het net soveel diskriminasie en gevalle van menseslagtings gedurende die Middeleeue en daarna verduur as hulle mede-Jode in Europa.  Nogtans is meeste Marokkane trots op hulle volk se rekord van relatiewe verdraagsaamheid teenoor hulle Joodse mindersheidsgroep.

Jode het vandag volle burgerskapregte en sommiges beklee hoë posisies in die land.  Hulle bydrae tot die ekonomie is betekenisvol.  Marokaanse Jode, wat gesteld is op hulle herkoms, is geneig om ortodoks te wees en word nie deur Westerse liberale neigings beïnvloed nie.  Baie van hulle beoefen egter nie hulle godsdiens nie.  Sommiges onderskryf steeds volksgewoontes in hulle Judeese praktyke.  Dit sluit onder andere 'n aantal Joodse emigrante in wat na Israel terugkeer op soek na intersessie met dooie Rabbi's by jaarlikse feeste.  Christelike evangelisasie van Jode word in Marokko toegelaat.

"Daarna sê die Engel vir my: " Roep en sê: So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Jerusalem, oor Sion" Sagaria 1: 14

So sê die Here vir Israel: " Vra na My wil, dan sal julle lewe!"

"Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek.  In jou sal al die volke van die aarde geseën wees." Genesis 12:3

  • Bid dat Marokkaanse Jode God sal soek en na Hom toe sal terugkeer.
  • Bid dat Christene wat hulle in die alledaagse lewe teëkom, openlik teenoor hulle sal getuig.  Bid dat God bedieninge teenoor hulle in in Marokko, Israel en oral sal oprig.
 


arise shine morocco