n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 14 |
REëNMarokko het 'n voortdurende droogtesiklus wat die land gereeld teister. Landelike areas word die hardste hierdeur getref omdat landbou 'n groot deel van die bruto binnelandse produksie van die ekonomie uitmaak en hulle dan derhalwe nie kan produseer nie. As gevolg van hierdie uitgestrekte droogtes het intersessors ernstig begin bid dat Marokko geseën moet word met voldoende reënval vir hulle landboukundige en huishoudelike behoeftes.Onlangs het daar goeie reën in die noorde van die land en langs sommige van die kusvlaktes geval. In hierdie areas het die watervlakke in reservoirs die hoogste in baie jare gestyg. Dit beloof om goeie oeste vir die boere in daardie streke in te hou. Dit verseker verder 'n inkomste vir die baie families wat van die reën afhanklik is vir hulle daaglikse bestaan. Dinge in die sentrale en suidelike dele van Marokko het egter 'n heeltemal ander prentjie. Na baie jare van droogte en geen reën nie, het die land bitter droog geword. Water in die meeste riviere vloei nie meer nie. Daar was jare waartydens daar nie eers sigbare sneeu op die berge was nie. Gesmelte sneeu verskaf gereelde water aan die omliggende gebiede en as daar nie sneeu is nie, word dit 'n groot dilemma. Baie reservoirs en putte het opgedroog of is op hulle laagste vlakke in jare. Daar is dus geen alternatiewe oplossing vir so baie wat van water afhanklik is vir hulle daaglikse bestaan nie. "Kom na My toe, almal wat dors het, kom na die waters. selfs ook die wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk" Jesaja 55: 1 " Die HERE sal Sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën" Deuteronomium 28: 12a
|

