n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 15

Tangiers

As die poort tot Afrika en die kulminasiepunt van twee oseane was Tangiers 'n belangrike handelspos van die Fenisiërs. Tangiers was 'n Romeinse provinsiale hoofstad, 'n woelige en bedrywige hawe terwyl beide die suide van Spanje en Noord-Afrika onder Moorse heerskappy was.

Tangiers is 'n hawestad wat op 'n reeks heuwels gebou is, deur ‘n baai omring word, en lê in die skaduwee van die Rifberge.  Gedurende 1923 is Tangiers tot 'n "internasionale streek" verklaar en is dit eers in 1957 verander tot deel van die Koninkryk van Marokko.

Immoraliteit en dwelms is wesenlike probleme in Tangiers.  Hierdie omstandighede het die nostalgiese trots met wanhoop vereenselwig en die wil van baie verlam.  Die regering streef egter daarna om die internasionale karakter van die stad te herstel en hoop begin geleidelik opvlam.  Alhoewel Tangiers onder die vorige bewind verwaarloos is, spandeer die nuwe koning Mohamed VI meer tyd in die stad.  Dit dra by tot 'n positiewe invloed op die lewensgehalte van die mense.

Gedurende die tydperk as 'n internasionale streek, was Tangiers 'n geestelike vuurtoring vanwaar die evangelie oor die radio in beide Marokko en Spanje uitgesaai is - dit was gedurende die Franco era.  'n Sendinghospitaal, wat in die stad gevestig was, het baie mense bereik totdat Marokkaanse onafhanklikheid beperkings op enige evangelisasie gelê het.

"Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel" Gal 6:9

"Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig" Matt. 13:8

  • Bid dat baie mense in Tangiers, wie nou 'n nuwe hoop het vir hulle stad, ook 'n nuwe hoop in Christus sal kry.
  • Bid dat God 'n biddende kerk in Tangiers sal oprig wat verteenwoordigend van Sy bevolking en 'n geestelike vuurtoring vir die hele stad sal wees.
  • Bid dat nuwe vrugte sal ontstaan uit die saad wat sendelinge oor die eeue gesaai het toe hulle in vryheid die evangelie in Tangiers kom verkondig het.
 


arise shine morocco