n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 16 |
MureMure simboliseer vrees. In die vorige eeue het Marokkaanse sultans massiewe mure rondom Fes, Meknes, Marrakesh, Rabat, Tangier en baie ander Marokkaanse stede en dorpe gebou om hulle teen aanvalle te beskerm. Die indrukwekkende poorte tot hierdie ouer areas wys die fyn afgewerkte en opgesmukte versierings wat hulle geglo het sal bose geeste afweer.Mure is versperrings wat gewoonlik opgerig word om dit wat binne is te beskerm teen dit wat buite is. Versperrings in Marokko kan uit verskillende dinge bestaan: gepakte grond, klip, kaktusse, bamboespale, sementblokke, ruwe timmerhout, gedroogde kreupelhout, ens. Versperrings kan ook natuurlik ook berge, klowe of afgronde en riviere wees. Hulle kan natuurlik ook onsigbaar wees. Daar is baie gelowe wat as versperrings dien en so voorkom dat 'n Moslem 'n Christen kan word. Moslems glo nie dat Jesus die Seun van God is nie en beskou hierdie idee as godslasterlik. Hulle leer verkondig dat Jesus nie aan die kruis gesterf het nie - dit was skyn volgens hulle en dat 'n ander persoon in SY plek gekruisig is. Hulle glo ook dat Jesus die koms van Mohammed in die Johannes-evangelie voorspel het. Dié valse veronderstelling het tot gevolg dat hulle die oorspronklike Griekse woord parakletos (Trooster) as periklytos (die een wat geprys moet word) vertolk - die betekenis van Mohammed se naam. Moslems glo ook dat die boeke van Moses, die Psalms van Dawid en die evangelies van Jesus heilige geïnspireerde boeke is. As daar egter verskille voorkom tussen hierdie gedeeltes in die Bybel en die Koran, beskou hulle dit as foute of veranderings in die Bybel. Hierdie onversetlike houding en bewerings beeïndig gewoonlik baie gesprekke. Mure kan beskerm maar dit kan ook 'n tronk wees. Vir dosyne eeue waarin Marokko deur Moslems regeer is, het hulle mure om mense se harte gebou wat hulle "beskerm" het teen enige ander geloof. In hierdie proses het hulle gevangenes geword van hulle geloof. "Christus is ons vrede. Hy wat die twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur Sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos 'n muur skeiding gemaak het" Efes. 2:14
|

