n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 17 |
GeletterdheidTen spyte van 'n voortdurende program om nuwe skole te bou en van kinders te vereis om dit by te woon, het Marokko 'n algehele vlak van geletterheid van minder as vyftig persent. In plattelandse gebiede, met skrale toegang tot skole, kan dit selfs so laag as twintig persent wees.In afgeleë gebiede is die enigste geleentheid vir opvoeding in die plaaslike moskee beskikbaar en is dit dan gewoonlik slegs vir seuns toeganklik. Hier leer hulle om te lees en te skryf en gedeeltes uit die Koran te memoriseer. Wanneer kinders in Berberstreke skole begin bywoon, verkeer hulle in die dilemma dat 'n Arabiessprekende onderwyser nie die Berber moedertaal kan praat nie. 'n Verdere probleem is dat daar slegs laerskole beskikbaar is in baie van die plattelandse gebiede. As 'n kind dan hoërskool onderrrig wil ontvang, moet hy na 'n verafgeleë dorp/stad op sy ouer se onkoste gaan. Dit is ongelukkig nie 'n lewensvatbare keuse vir die meeste ouers nie. In plattelandse gebiede is die meeste laerskoolleerlinge seuns, omdat dit hoër geag word dat 'n dogter moet leer om 'n huishouding te behartig as om te leer skryf of lees. Hierdie sienswyse beïnvloed egter ook die opvoeding van seuns omdat ouers glo hulle kinders is meer produktief as hulle werk dan wanneer hulle skoolgaan. Selfs in stede, waar die meeste jong kinders wel skoolgaan, is 'n verrassende hoeveelheid kinders besig om hulle enigste opvoeding as vakleerling vir 'n ambagsman te ondergaan. "U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad" Psalm 119:105 "Wysheid begin met die dien van die Here. Almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand." Ps 111:10 "Wanneer U Woord vir mense oopgaan, bring dit lig. Dit gee insig aan dié wat nog onervare is" Ps.119:130
|

