n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 18 |
Marokkaanse mansIn Marokko kan die lewe vir mans baie uitdagend wees. Daar word van mans verwag om die buitensporige groot families te versorg. Terselfdertyd moet die mans die sterk wedywering vir werksgeleenthede oorkom weens die gebrek aan werk dwarsdeur die land. Die verdeling van grond, soos dit deur die jare aan die nageslag oorgedra is, het tot gevolg dat baie boere nie vandag oor voldoende grond beskik om hulle families te onderhou nie. Baie plattelandse mans word genoodsaak om hul vrouens en kinders in verafgelee dorpies agter te laat terwyl na werk in die stede gaan soek word. Wanneer hulle uiteindelik ‘n werk gevind het, deel hulle dikwels ‘n kamer met ander werkers ten einde in so ‘n mate te kan spaar om geld terug huistoe te stuur. Vir baie is dit onmoontlik om hul families meer as slegs as ‘n paar keer per jaar te besoek.Die oudste man van ‘n uitgebreide familie heers oor al die nasate. Jonger mans trou tradisioneel met ‘n bruid volgens ‘n keuse wat deur die ouers gemaak word. Die jong huwelikspaar bly onder die vader se huis se dak om hul familie daar te begin. Hierdie tendens het tot gevolg dat, tensy een van die twee baie weelde geerf het, na die Marokkaanse mans tot selfs in ‘n hul vyftigs as “seuns” verwys word. Selfs wanneer hulle reeds hul eie seuns het. Marokkaanse mans geniet dit om tee te drink of “futbol” (sokker) oor televisie, saam met vriende in die plaaslike kafee, te kyk wanneer daar nie gewerk word nie. Daar is veel meer druk op mans op die plattelandse gebiede om gereeld in die plaaslike moskee te bid. “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!” 1 Korintiers 16:13 “Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.” Efesiers 5:15
|

