n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 20 |
EssaouiraEssaouira is gelee aan die Atlantiese kus direk wes van Marrakesh. Die matige klimaat van die omgewing het die dorpie veral bekendgemaak onder reisigers so ver as die Venesiers van ouds. Alhoewel daar reuines aangetref word, is dit die uitsonderlike agtiende eeuse versterkte verskansings wat die aandag van die moderne toeris trek.Essaouira was Marokko se belangrikste hawestad voordat die Franse Casablanca in die twintigste eeu ontwikkel het. Vandag is Essaouira ‘n stil, skilderagtige, ietwat oorbevolkte, armoedige vissersdorpie. Hierteenoor is dit ook ‘n uithangplek vir die meer kunstige buitelanders. Hierdie kombinasie het dwelmmisbruik, alkoholisme, homoseksualiteit en prostitusie aangemoedig. Die jaarlikse Gnaoua Fees hou groot ekonomiese voordele in, maar is die fees egter gefokus op musiek en danse wat met bose geeste kommunikeer (okkulties van aard). Baie van die vroue in Essaouira is in ‘n “haik” geklee, ‘n tradisionele Marokkaanse rok wat die vroue die meeste bedek. Die haik bestaan uit ‘n groot wol- of katoenlaken wat op so ‘n manier gedra word, dat dit die arms, bene, liggaam, kop en gesig volkome bedek en net ‘n nou spleet vir die oe oophou. Elke aand kom die vroue, wat langs die gange van die ou stad woon, saam met hulle kinders by die openbare park bymekaar om te gesels. Die kinders kry dan ‘n geleentheid om te speel. Die eerste sendelinge van die moderne eeu wat na Morokko gekom het, het in Essaouira gearriveer om die Jode, wat toe ‘n derde van die bevolking uitgemaak het, te evangeliseer. Die Jode het intussen weggetrek en hartseer genoeg is daar twee eeue later nie eens ‘n nasionale kerk in Essaouira nie. “Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde, almal wat op die see vaar, alles wat in die see is …” Jesaja 42:10
|

