n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 21 |
Sentraal-Atlas BerbersHalima was die dogter van ‘n skaapwagter van die Ait Abbas stam. Huise in haar klein dorpie is uit gekapte klippe en gepakte grond gebou. Gedurende die lente trek haar familie na groener weivelde in die berge. Hier bly hulle in swart tente, van kameelhare gemaak, totdat die herfs aanbreek.Halima staan haar moeder by deur haar klein boetie, toegedraai in ‘n handdoek, op haar rug rond te dra. Haar ma het haar geleer hoe om wol uit te soek, dit skoon te maak, te spin en hoe om matte te weef. Elke oggend staan Halima vroeg op om brood te bak en water by die fontein te gaan haal. Somtyds vergesel sy haar vader na die weeklikse mark. Dit is die enigste geleentheid wanneer sy aan die buitewereld blootgestel word. Toe Halima vyftien jaar oud was, het haar ouers vir haar ‘n huwelik met haar neef georganiseer. Na dae van feesvieringe trek sy in sy huishouding in. Halima kom gou agter dat Zaid nie die tipiese Moslem is nie. Jare gelede toe Halima baie siek was, het die algemene Moslem dokter ‘n klein leersakkie met ‘n vers uit die Koran aan haar gegee. Sy het dit om haar nek gedra. Zaid het haar gevra om dit asseblief te verwyder en eerder haar vertroue in die Here te stel en nie in mensgemaakte dinge nie. Halima was eers bang vir die onbekende maar geleidelik het vrede haar hart begin vul. “want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.” Jesaja 43:3
|

