n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 22 |
Die Tradisionele en die ModerneDie vroue het teen vyfuur die middag kom aan die een kant van die groot saal begin bymekaar om hulle partytjie te geniet. ‘n Vroulike musiekgroep speel ‘n opgewekte wysie terwyl ‘n aantal vroue en meisies saam dans en ander meedoen met ‘n ritmiese handeklap. Vier ure later het die mans saam met twee musiekgroepe, wat slegs uit mans bestaan, gearriveer. Hulle is binnegelei na die verste kant van die saal, afgesonder van die vroue. Die vroue het onmiddellik opgehou dans en meer ingetoë gevoel as gevolg van die teenwoordigheid van die mans. Dit was die huweliksviering van Ahmed en Fatima.Oor die hele Marokko bestaan die twee uiteenlopende tradisionele en moderne wêrelde naas mekaar. Baie ouers gaan soek ‘n bruid vir hulle seuns, wie slegs ‘n gedwonge “ja of nee” te sê het rakende die keuse. In stedelike gebiede mag ‘n bruidegom ‘n moderne pak klere en das vir een foto dra en dan ‘n tradisionele kleed, bekend as ‘n “djellaba”, vir die volgende foto aantrek. Jong getroudes dans nie by hulle huweliksviering nie, maar sit dikwels vir ure lank net stil en kyk na die feestelikheid. Dikwels glimlag die bruid nie. Op haar huweliksnag word daar van haar verwag om bewys te lewer van haar maagdelikheid. Daar is groeiende spanning tussen die tradisionele en die moderne gewoontes in Marokko namate die jonger geslag deur hoofsaaklik televisie en films aan moderne westerse leefwyses blootgestel word. “Sal jou troue soos hierdie wees wanneer jy eendag trou?” het ek aan Ahmed se broer Rashid gevra. “Nee!” het hy geantwoord, “Hierdie is te tradisioneel! Wanneer ek trou, gaan ek my eie bruid kies. My troue gaan modern wees!” “Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.” Openbaring 19:7
|

