n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 23

Vrees

Hy was ‘n paar dae oue onrustige baba.  ‘n Kroniese hoofpyn, na aanleiding van ‘n moeilike bevalling, het tot gevolg gehad dat hy dikwels gehuil het. Alhoewel ‘n vroedvrou daaglikse sorg voorsien, was die vroue van die familie besorg dat hy maagpyn het.

Ou gewoontes word moeilik verander.  Een dag het ons ‘n “ouma” teëgekom wat klein snytjies met ‘n skeermeslem aan die buik van die baba maak om “die pyn en slegtheid te verwyder.”  Ons het babas gesien met snye aan hulle gesigte, brandwonde op hulle mae, geluksteentjies rondom hulle nekke of polse, asook kruie en speserye wat op allerhande maniere gebruik word.

In Marokko hoor ‘n mens dikwels die word “bismillah” (in die naam van God) wat uitgespreek word om jouself teen die “jinn” (geeste) te beskerm wanneer kookwater ingegooi word, ‘n donker trap genader word of wanneer ‘n ander optrede geneem word wat moontlik gevaarlik kan wees.  Dit is kultureel van pas om ‘n bepaalde seëning uit te spreek wanneer ‘n kind gekomplimenteer word. Trouens, uit vrees vir die “evil eye”, komplimenteer selfs die ouers selde hulle Marokkaanse kinders.

Hierdie is nie Islamitiese praktyke nie, maar het oorgebly van pre-Islamitiese dae. Marokkane vind dit moeilik om dit te laat vaar. Uit tradisie? Onkunde? Vrees? Waarskynlik weens al hierdie redes, maar vrees is dikwels die sterkste binding.

“Hy het my gestuur … om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir die wat opgesluit is.” Jesaja 61:1

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Johannes 8:32

  • Bid dat die vrese van Marokkane hulle na die arms van die Een, wat hulle van vrese kan bevry, sal dryf.
  • Bid dat die vryheid van vrees, wat in Marokkaanse gelowiges sigbaar is, ‘n kragtige getuienis sal wees vir almal wat hulle ken.
  • Bid dat die volmaakte liefde, wat alle vrees verdryf, ‘n werklikheid sal word in die lewens van miljoene Marokkane.
 


arise shine morocco