n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 24
Vroue
Beroepsvroue, geklee in minirompe, stap sy aan sy met vriendinne wat tradisionele jellabas met kappies dra.  Fundamentalistiese universiteitstudente met swart sluiers sit en studeer saam met ‘n groep geklee in denims en T-hemde.  Moeders, wat van kop tot tone in kledingstof gedrapeer is, loop hand aan hand met klein dogertjies wat die jongste ontwerpersklere dra. Vroue van tradisionele families word selde in die openbaar gesien, terwyl ander buite op die strand draf of in die supermarkte inkopies doen.

Marokkaanse vroue se lewensstyl en rolle verskil grootliks afhangend van waar hulle bly. In landelike gebiede is families geneig om armer te wees. Die lewe daar is arbeidsintensief en vroue verrig ‘n groot deel van die werk.  Meisies leer op ‘n vroeë ouderdom om te kook, skoon te maak en die huis te versorg.  ‘n Ses- of sewejarige meisie sal ‘n een jaar oue sussie of boetie op haar rug dra.  As sy in haar dorpie bly woon, kan haar ouers haar later, wanneer sy in haar middel tienerjare is, dwing om met ‘n man van hulle keuse te trou.  ‘n Geskatte 96% van die plattelandse vroue is ongeletterd.

Marokkaanse vroue is lief vir geleenthede.  Hulle geniet sang en dans by vieringe wat ondermeer geboortes, besnydenisse en huwelike insluit.  Hulle hou daarvan om mekaar gedurende die middag, na ‘n oggend van huiswerk, te besoek.  Hulle is geneig om bygelowig te wees en baie vrees die mag van bose geeste, toorkuns en toordery.  Hulle sal sekere frases sê of verskeie rituele uitvoer om hulleself en hulle families te beskerm.

Hierteenoor is dit dikwels vroue wat families bymekaar hou.  Vroue moet die liefde van God, wat hulle lewens kan omkeer, ken.

“Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet die wees van mense wat ‘n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans.  Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:3-5

  • Bid dat God se volmaakte liefde vrees sal verdryf en dat vroue hulle sekuriteit in Hom sal vind.
  • Bid vir evangeliste om onder Marokkaanse vroue na vore te tree.
  • Bid vir godvresende vroue, van alle ouderdomme, om deel te word van die Marokkaanse kerk.
 


arise shine morocco