n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 25 |
Islam – Geloof en GewoontesIslam sluit baie oortuigings in wat ideaal is vir vrugbare gesprekvoering tussen gelowes. Moslems glo in een God, engele, profete, hemel, hel en die Oordeelsdag. Hulle vas, bid en gee aalmoese. Die naam Allah (God) verskyn oral sodat ‘n mens gedurigdeur aan Hom herinner word. Al hierdie dinge kan nuttige brûe wees in gesprekke met Moslems.Familie is belangrik in Islamitiese kulture. Mense respekteer en eer hulle ouers en ouer mense. Hulle is baie lief vir babas en kinders. Moslems erken aborsie as verkeerd en hulle ontmoedig of beperk uitgaan en fisiese betrokkenheid. Hulle verwag maagdelikheid voor die huwelik en is dit die norm. Homoseksualiteit word verafsku. Moslems maak daarop aanspraak dat hulle in die Ou en die Nuwe Testament glo. Min van hulle het dit egter reeds gelees, aangesien hulle geleer word dat Christene en Jode die Bybel verander het. Moslems glo in die algemeen dat Christene drie gode aanbid – Jesus, die Vader en Maria. Vir Moslems roep die seunskap van Christus die beeld van ‘n fisiese vereniging tussen God en Maria op. Hulle ontken dit en beskou dit as ‘n afskuwelike godslastering. Islam is ‘n gosdiens van werke. Praktiserende Moslems volg die vyf pilare van Islam. Op die skaal van oordeel hoop hulle dat hulle goeie dade swaarder sal weeg as hulle slegte dade. Indien dit die geval is, mag hulle die hemel binnegaan, indien dit Allah se wil is. Binne Islam is dit nie moontlik om te weet of jy die ewigheid in die hemel of die hel sal deurbring nie. Moslems sien God as barmhartig en medelydend, maar ook as onkenbaar, wreed en bedrieglik. Om vry te kom van so ‘n groot misleiding het Moslems ons gebede nodig. “Hulle vra Hom toe: Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang? En Jesus antwoord hulle: Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom, wat Hy gestuur het.” Johannes 6:28-29 “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.” Romeine 3:23 Bid dat ooreenkomste tussen Christene en Moslems effektiewe brûe sal verskaf om hulle met die Goeie Nuus te bereik. Bid dat nuwe kultureel relevante maniere ontwikkel sal word om Moslems te bereik. Bid dat Moslems sal besef dat hulle geen hoop het om hulle weg tot saligheid te verdien nie. |

