n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 26

Tetouan

Tetouan is in ‘n groen omgewing, wat meer reënval as die res van Marokko kry, geleë.  Die pêrelwit Tetouan is gelee teen ‘n berghang en het vandag reeds tot teenaan die vlakte langs die Middellandse See uitgebrei, namate die Rif Berbers van die oostelike berge na die stad beweeg het.

Die dorp is in ongeveer 1305 deur die Merinid Sultan Abou Tabit gestig, en het as ‘n basis vir militêre operasies teen die Spaanse enklawe Sebta, aan die Straat van Gibraltar, gedien.  Later het die dorp in ‘n seerowersnes ontaard.  As gevolg hiervan het die Spanjaarde die lewe in Tetouan ondraaglik gemaak en dit uiteindelik vernietig.  Die dorp is egter in die 16de eeu deur Moslems en Jode, wat van Andalusië tydens die inkwisisie verdryf is, herbevolk. Die dorp het in die 17de eeu onder die heerskappy van die sultan Moulay Ismail vooruitgegaan.

Tetouan was die hoofstad van die Spaanse Protektoraat in die vorige eeu. Die argitektuur van die dorp herinner ‘n mens aan die Spaanse streek van Andalusië met sy kiosks, fonteine en blombakke. Die Hassan II Plein, wat geleë is op die plek waar die ou en moderne dele van die stad bymekaarkom, vorm die hart van die stad en is die ideale ontmoetingsplek vir diegene wat in die middag gaan stap.

Tetouan verdien die reputasie as ‘n sentrum van kultuur en verfyndheid. Die stad bevat baie monumente, insluitende ‘n fort, goed bewaarde “ou stadsmure”, die 17de eeuse gerestoureerde paleis van die Khalifa, ‘n aantal moskees, fonteine en karavaanherberge. ‘n Universiteit, twee museums, ‘n konservatorium, ‘n Kollege van Skone Kunste en ‘n Skool van Marokkaanse Kuns is onder die kulturele instellings waarop Tetouan trots kan wees.

“’n Stad kry ‘n goeie naam wanneer opregte mense dit prys, maar dit word afgebreek deur wat goddelose mense daarvan sê.“ (Spreuke 11:11)

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matteus 5:16)

  • Bid vir die voortdurende pogings om die mense van Tetouan met die Evangelie te bereik.
  • Bid vir die eenheid van die gelowiges in Tetouan en vir moed in hulle getuienis.
  • Bid vir die vestiging van groeiende volwasse kerke.
 


arise shine morocco