n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 27 |
KoninkrykMarokko is ‘n konstitusionele monargie met die klem op monargie. Die koning van Marokko is as alleenheerser verhewe bo die wet. Alhoewel Marokko verskeie konstitusies sedert onafhanklikheid in 1956 in werking gestel het, was daar geen demokratiese insette gelewer nie. Koninklike edikte het die Marokkaanse Parlement by verskeie geleenthede laat ontbind.Ten spyte daarvan dat Koning Hasan II die wye algemene ondersteuning van die volk gehad het, het hy met ‘n ysterhand vanaf 1961 tot 1998 regeer. Een van die Marokkaanse koninklike titels is “Bevelvoerder van die Getroues”. Alhoewel daar beweer word dat twee christelike kinderoppassers hom as kind opgepas het, het sy regeringsamptenare reeds aan die begin van sy regeringstydperk baie christen sendelinge geforseer om sy land te verlaat. Later in sy ampstydperk het die wêreld hom as ‘n gematigde arabiese leier gerespekteer, wat hom dit ten doel gestel het om spanning tussen Moslem en Westerse nasies te verminder. Koning Hasan II was dikwels gasheer vir Israeli-leiers en het eenkeer die Pous genooi om die Marokkaanse mense toe te spreek. Na sy dood in 1998 het sy seun Koning Mohammed VI die troon bestyg. Die nuwe koning het baie gou die ondersteuning en bewondering van die gemiddelde Marokkaan verwerf. Hy het ingrypende veranderinge aan die invloedryke en korrupte leierskapstruktuur van die nasionale polisiemag aangebring. Mohammed VI het indrukwekende programme in werking gestel om die welstand van die arm mense te verbeter. Hy het ook verreikende stappe ter bevordering van menseregte geneem wat hopelik ‘n afname in die vervolging van die Marokkaanse christene sal meebring. “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegging gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd, …” I Tim 2:1-6 “O God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.” Ps 72:1
|

