n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 28

Jebala Berbers

Die Jebala Berbers is die oorspronklike inwoners van die noordwestelike deel van Marokko. Hulle bevolking kan tot soveel as twee miljoen mense wees.  Die meerderheid van hulle woon in die plattelandse dele.  ‘n Klein hoeveelheid woon in die stede of groter dorpies.

Die Jebala’s is baie kleurvolle mense.  Die vroue dra tradisionele helder rooi en wit gestreepte rompe van wol, wat ‘n “mendil” genoem word.  Hulle is landbouers en is afhanklik van klein hoewes waar hulle met graan of groente boer.  Sommige boer met skape.  Die Jebala Berbers praat ‘n alledaagse Marokkaanse Arabies met hul eie unieke singende ritme en besondere aksent.

Huidiglik is daar baie min evangeliese uitreike na hierdie mensegroep.  As gevolg van hul geïsoleerde leefwyse in ontoeganklike dorpies, is hul werklik ‘n “weggesteekte” mensegroep.  Tog gaan hulle eenkeer per week met hulle voetpaadjies na die plaaslike weeklikse mark, in die middel van nêrens, om van hulle ware te verkoop en weer nodige voorraad aan te skaf.

Mediese hulp en versorging blyk hulle grootste behoefte te wees.  Die Jebalas het baie min toegang tot opgeleide mediese personeel en daarom maak hulle baie gebruik van kruie medisyne. Hulle weergawe van “Folk Islam” sluit baie animistiese praktyke in.  Deur mediese klinieke wat dienste lewer teen minimale koste in die groter dorpe, of deur voertuie wat behoorlik toegerus is by hulle weeklikse markte, kan hierdie mense op hierdie wyse bereik word vir die Koninkryk. Opgeleide mediese personeel, met ‘n hart vir evangelisasie, sal ontvanklike harte vind by die wat hulle bedien soos hulle vriendskapsbande bou en die reg om gehoor te word, verwerf.

“Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’” Luk 10:9

“Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here.” Jer 30:17

  • Bid vir die Jebala Berbers dat Christene in hulle omgewing na hulle in hul dorpies (villages) en hul weeklikse markte sal uitreik.
  • Bid vir die voorsiening van nodige mediese versorging in die afgeleë gebiede.
  • Bid dat baie van hierdie “weggesteekte” mensegroep tot redding sal kom en dan sal vergader in Jebala gemeenskappe in elke Jebala dorpie in Marokko.
 


arise shine morocco