n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 29

Gehalte van Lewe

“As jy geld het, is daar geen ander plek om te bly soos in Marokko nie!” vertel Hassan. “Ons het vars groente en vrugte, vleis, vis, klere, alles wat ons nodig het.  Maar, as jy nie genoeg het nie, is dit moeilik.”

Hassan het in Cassablanca vir ‘n tyd gewerk.  Toe die geraas, besoedeling en stadslewe vir hom te veel geword het, het hy ‘n goeie werk in Agadir, ‘n strandoord in die suide, gevind en daarheen verhuis.

“Die lewe is baie rustiger.  Ons gaan draf soggens op die strand en Sondae drentel ons met die kaai langs.”  By die mark koop Hassan soms plaaseiers in stede van fabriekseiers.  “Dit kos meer, maar hulle is ryker aan vitamines.”  Hy ry met ‘n Mercedes Benz.  “Gehalte. Dit is waarna ek kyk.”

In kontras, die groter werkersklasse is gewoonlik meer godsdienstig en meer geïnteresseer in geestelike dinge.  As hulle werk het, is die uitdaging, om net uit te kom met dit wat hulle het.  Die bevoorregtes het ‘n familiehuis waar hulle woon sonder om huur te betaal.  Ander moet genoeg bymekaar skraap om ‘n kamer of klein woonplek te kan huur.  Baie families, van ses of meer, bly in enkelkamers van ‘n tradisionele huis, wat om ‘n gemeenskaplike binnehof gebou is.

“Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: "‘n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen?  Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou.  Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar.  Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare.  Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’  Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie." - Lukas 12:16-21

  • Bid dat die Marokkaanse middel- en hoë klasse die leegheid van materialisme sal besef en dat hulle sal soek na ware vervulling in die evangelie.
  • Bid dat Marokkane nie soseer gehalte van lewe sal soek nie, maar na die Lewe Homself.
  • Bid dat die Goeie Nuus inslag sal vind by al die ekonomiese vlakke van Marokko.
 


arise shine morocco