n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 30 |
KerkplantingMarokkane kom na die Here toe! Die uitdaging is om hulle wat gered word, in standvastige kerke te plaas, wat op hul beurt weer aan ander kerke geboorte sal gee in hulle plekke en in ander dorpe. Loof die Here dat ‘n paar sulke kerke reeds in die jare negentig ontstaan het. Sedertdien het die eerste Marokkaans-geleide kerk vermenigvuldig en het kerkplantings ook reeds plaasgevind. Die bottelnek in die proses is ‘n tekort aan kerkplanters. In enige gegewe dorp of voorstad mag daar reeds verskeie mense wees wat by die Here uitgekom het. Hierdie geestelike ontmoeting kon oa deur middel van Christelike media en kontak met Christelike sendingorganisasies plaasgevind het. Tog is daar dikwels niemand wat hulle kan help om ‘n kerk te vorm nie. Onder beide Marokkane sowel as bannelinge, is daar ‘n minderheid van hulle wat direk betrokke is met kerkplanting. Christen gesinne mag die visie of bereidheid skort wat nodig is om ‘n kerk in hul eie huis te begin. Ongelukkig fokus die vyand sy aanslae juis op hulle wat hierdie edel taak aanpak, soms deur van ander Christene gebruik te maak.Dit is nie nodig dat Kerkplanting moeilik hoef te wees nie. Dit verg hoofsaaklik ‘n “Vadershart” en ‘n beskikbare huis. Die visie vir “’n kerk in my huis” is besig om te versprei, veral onder Marokkaanse gelowiges. Die dag sal aanbreek wanneer ‘n lewende, liefdevolle, gesamentlike betuiging van die koninkryk van God gevestig sal wees in elke gemeenskap. “Ek sal my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Matteus 16:18 “Hy het vir hulle gesê: "Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” Lukas 10:2 “Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” Hebreërs 12:3
|

