n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 31 |
AgadirGedurende 1960 is die poort na die woestyn, Agadir, feitlik totaal deur ‘n aardbewing vernietig. Die stad is teen die Atlantiese Oseaan en westelike kusstrook van Marokko geleë en is sedertdien herbou. Dit is nou ‘n groot moderne stad met ongeveer 300,000 inwoners, en is ‘n gewilde vakansie-oord vir Europese, Midde-Oosterse en Marokkaanse toeriste. Agadir is dikwels ‘n plek waarheen mense met vakansie kom en openlik dinge doen wat hul nie by die huis sal doen nie. Dronkenskap en homoseksualiteit is algemeen onder besoekers en word dikwels geassosieer in die gedagtes van plaaslike inwoners as die norme van die dekadente westerse “christelike” kultuur. Daar is groot duur hotelle, baie restaurante en casinos is besig om te verrys. Die wye sandstrande strek vir myle aaneen en lok menige mense insluitend bostuklose baaiers. Hierdie onbeskaamdheid en vertoon van rykdom van buitelanders moedig materialisme onder plaaslike inwoners aan en lei ook tot jaloesie en bitterheid.Die oorgrote meerderheid van die inwoners bestaan uit Ishilhayn (Souss) Berbers en hul Tashilhayt taal word algemeen gebruik. Heelwat ouer inwoners van Agadir onthou die aardbewing en min van hulle is nie geraak deur die vernietigende effek van die aardbewing nie. Gevolglik bestaan daar nog ‘n groot mate van onderlinge vrees in die stad. Tans beleef Agadir en die res van die suide van Marokko ‘n ernstige droogte. Sommige blameer die immorele lewensstyl, hebsug en selfsugtige lewenshouding vir hierdie ramp. Wat ookal die rede, Agadir het reën nodig. Die gelowiges in Agadir kom gereeld bymekaar om te bid en in te tree vir hul stad en hul land. Hul nooi u uit om saam in te tree. ”..so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie." Jeremia 17:8 “Laat vaar al julle oortredings en kry ‘n nuwe gesindheid, ‘n nuwe gees. " Esegiël 18:31 “Hy oordek die hemel met wolke Hy voorsien reën vir die aarde En laat gras op die bergland uitspruit.” Psalm 147:8
|

