n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 32

Geregtigheid

Marokko  het ‘n groot slag geslaan!  Gedurende die somer van 2000 het ‘n Amerikaanse oliemaatskappy begin om vir olie in die omgewing van die Atlasberge te boor.  Die Marokkaanse Minister van Energie, Yousef Taheri, is van mening dat daar moontlik 15 billjoen vate oliereserwes mag wees.  Koning Mohammed VI het dit “Allah se seëning aan Marokko”genoem.

Die koning se onderdane, wat in die omgewing woon waar daar vir olie geboor word, stem nie saam nie.  ‘n Berber man het gesê:  “Daardie land behoort aan my stam, die Bourchaim.  Ek het daar vir 30 jaar met vee geboer en nou vat die mense wat vir olie boor dit sommer."  Alhoewel die Bourchaim Berbers na verwagting bo-op die oliebronne lewe, kry hul nie ‘n aandeel in die olierykdomme nie en kry hul ook nie werk nie.  Onder die Berberjeug is die vlak van werkloosheid hoër as 60%.  Militêre polisie kordon die gebied, wat die Bourchaim Berbers benodig vir hul vee, af vir olie-ontginning.

Rusies oor grondgebied is niks nuuts vir Marokko nie.  Reeds in die 12e eeu  voor Christus  het die Foenisiërs handelstasies daar gevestig.  Baie magte het die land deur die eeue oorheers.  Die Berbers, Noord-Afrika se eerste bewoners, maak ‘n groot deel van die Marokkaanse bevolking uit. Tot in die middel van die twintigste eeu het grensgeskille tussen naburige Berberstamme algemeen voorgekom. Vyandiggesindheid tussen groepe oor sommige van daardie geskille bestaan vandag nog in sekere gebiede.

Die Arabiere het die Berbers sedert die Moslemverowerings van die 7de eeu nC gedomineer.  Sommige van die Berbers is steeds bitter daaroor.

“Sy heerskappy sal uitbrei, en hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.  Hy sal die op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer.  Hy sal die koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd.  Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg."
Jesaja 9:6

"Hier is my dienaar, Ek stel hom aan.

Ek het hom uitverkies,

hy geniet my guns.

Ek laat my Gees op hom kom,

En hy sal my wil

aan die nasies bekend maak.”
 
Jesaja 42:1

  • Bid dat die Arabiere en die Berbervolke sal ervaar dat Jesus hoop bring en ook ‘n antwoord vir hul daaglikse probleme is.
  • Bid dat God se volmaakte wil in Marokko sal geskied.
  • Bid dat Koning Mohammed VI geregtigheid van bo sal nastreef in sy regering oor Marokko.
 


arise shine morocco