n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 33 |
Buitengewone MarkTerwyl ons deur die ou stad (medina) stap op soek na ‘n paar herdenkings, kom ons op ‘n toneel af wat ons asem letterlik wegslaan. Die reukaanval begin met ‘n verskeidenheid kleure en word deur ‘n onbeskryflike aroma opgevolg. Voor ons is dosyne “gate in die muur”-winkeltjies waar honderde groot plat skulpe opgestapel is met elke moontlike spesery en gedroogde blomme daarby.Verswelg deur die reuke was ons buitengewoon geskok toe ons oe vasslaan op die groot droe verkleurmannetjies, gedeeltelik geveerde voelvlerke en verskeie ander liggaamsdele van diere wat reeds baie lank gelede vrek is. By nadere ondersoek word vasgestel dat die binnekant van die winkels versier is met rye glashouers vol eksotiese goed soos helder droe bessies, vreemde sade en harige gedeeltes van droe vel. Ons het op die afsetpunt van “bygelowige medisyne” afgekom. Toordery is ‘n groot besigheid in Marokko. Alhoewel sommige van hierdie winkeleienaars hierdie bestanddele slegs aan onafhanklike praktisyne verkoop, het ander geheime antieke formules wat van geslag tot geslag oorgedra word om voorspellings te kan maak en in verskeie vorme van toordery betrokke te bly. Baie Marokkane het ‘n groot vrees vir hierdie dinge en praat selde daaroor uit vrees vir ‘n binding wat oor hul mag kom. Wanneer Christene daar gestaan het en teen die duilwelse teenwoordigheid, wat hierdie plekke omring, gebid het, kon die winkeleienaars die geestelike aanslag aanvoel en is die intersessors versoek om te vertrek. Sonder Christus keer die gemiddelde Marokkane hulle tot hierdie bygelowige medisyne ten tye van veral die ernstige siektes. “..en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. Dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen. Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.” Efesiers 5:11,12,15,16
|

