n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 34 |
StudenteNawal was ‘n student wat na God gesoek het. Die god van die Moslems, van wie sy van kleinsaf geleer het, het haar “teleurgestel”. Hierdie god was op ‘n afstand, koud en onbekend. Sy het ‘n behoefte gehad om ‘n God te ontmoet wie sy persoonlik kon leer ken, wie haar sou ken en vir haar sou omgee. Nawal ontmoet toe ‘n Christenvriend wie aan haar deel dat dit presies is hoe en wie die Lewende God is.Toe Nawal kort daarna die Jesus film gesien het, het sy besef dat sy die een gevind het waarna sy gesoek het. Later het sy ‘n gedig met haar vriend gedeel wat sy getitel het as “Ja, ek glo”. In die gedig skryf sy: ek glo in u, ja ek glo in u omdat ek nou weet wie u was en wie u is. Laas was u ‘n onbekende gees, maar nou besef ek dat dit u was, Jesus … so asseblief, bly by my en moet my nie verlaat nie omdat u my toevlug is. En ek glo in u. En ek sal altyd in u glo”. Daar is ongeveer 300 000 nagraadse studente in Marokko. Terwyl baie van hulle ‘n drang na geld en materiele gewin het, is daar ander soos Nawal wat na die intimiteit met God soek. Dit hang baie van gelowiges af om te verseker dat die soekers versekering in Jesus vind. “Vermy die begeertes wat ‘n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit ‘n rein hart die Here aanroep.” 2 Timoteus 2:22 “Maar Hy tree op teen die wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af. Psalm 34:17
|

