n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 35

Rifi Berbers

Van al die Berbers is die een en halwe miljoen vyandige Rifi (ree-fee) Berbers die meeste antagonisties teenoor die Marokkaanse regering.  Inteendeel, baie Rifi Berbers verkies om eerder Spaans dan Arabies te praat alhoewel sommige steeds Arabies as die taal van Allah en die Koran respekteer.  Hulle word onderskei deur ‘n ligte gelaatstrek wat vermoedelik afkomstig is van vermenging met die Vandale kort na die val van die Romeinse Ryk.  Die Rifis leef volgens hulle eie unieke styl geisoleerd in die Rifberge in die noorde van Marokko

Gedurende die vroee middeleeue van Christenskap, toe Islam in die 7de en 8ste eeue deur Noord-Afrka veld begin wen het, het die Rifi Berbers Islam as geloof begin aanneem.  Enkele dekades gelede was daar slegs een bekende Christengelowige tussen die Rifi Berbers in Marokko.  Vandag werk sendelinge tussen toenemende getalle onder hulle.   Tienduisende Rifi Berbers werk in Europa, waar hulle meer ontvanklik is vir nuwe idees.  Baie Christene in Europa fokus op sulke Rifis.  Baie Rifis het reeds die boodskap gehoor en sommiges reageer op die Boodskap.

“Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.”
Jesaja 45:22

“Geseend is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.  Geseend is die wat treur, want hulle sal vertroos word.  Geseend is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.  Geseend is die wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.  Geseend is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.  Geseend is die wat rein van hart is, want hule sal God sien.  Geseend is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Matteus 5:3-9

  • Bid vir die ontwikkeling en verspreiding van effektiewe Christelike materiaal in die Rifi Berber taal.
  • Bid dat Rifi Berbers verlos sal word van hulle trots en vyandigheid.
  • Bid dat baie Rifi Berber gemeenskappe op die Boodskap sal reageer en Rifi kerke tot stand sal kom.
 


arise shine morocco