n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 36

Ramadan

Die daaglikse roetine verander handomkeer wanneer die nuwe maan sigbaar raak na sonsondergang op die eerste dag van die Islamitiese luniêre maand van Ramadan. Gedurende die maand van Ramadan word daar van Moslems vereis om hulle vanaf dagbreek tot sonsondergang van alle voedsel, drank, tabak en seksuele kontak te weerhou.

Tog is dit ironies dat Ramandan eerder ‘n tydperk van fees dan ‘n tydperk van vas is. Moslems verbruik meer voedsel gedurende hierdie maand dan teenoor enige ander maand van die jaar.  Meer as ‘n biljoen Moslems regoor die wêreld breek die vas met sonsondergang, eet ‘n groot maaltyd gedurende die nag, en begin dan die volgende dag met ‘n maaltyd voor sonsopkoms.  Aan die einde van ‘n Ramadan-dag is die strate in die stede baie stil wanneer elkeen rondom tafeltjies bymekaarkom om die vas te breek sodra die son gesak het.  Marokkane breek die vas tradisioneel met hul gunsteling sop, Harira, waarin brood gedoop word.  Hierdie “ontbyt”-maal sluit dikwels hardgekookte eiers, dadels en ‘n taai soet koekie, “shebekkia”, in.  In stede is winkels en kafees in die middel van die nag oop om die duisende, wat tot in die vroeë oggendure in die strate dwaal, te akkommodeer.

Alhoewel die gemoedere hoog is weens die onthouding van kaffein, nikotien, kos en slaap, en dit dikwels gedurende die lang Ramadan-middae tot konfrontasies lei, neig die tydperk van vas om die Moslemgemeenskap te verenig.  Selfs diegene wat normaalweg nie bid nie, raak “goeie” Moslems gedurende die vastyd.  Geleenthede vir godsdienstige gesprekke is gewoonlik vrugteloos weens die verskerpte Islamitiese solidariteit gedurende Ramadan.  Vir Marokkaanse Christene is Ramadan ‘n baie spesifieke uitdagende tydperk.

“Is dit àl wat Ek op ‘n vasdag wil hê; net dat ‘n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos ‘n biesie en in sak en as sit?  Noem jy dit ‘n vasdag, ‘n dag waarvan die Here hou?”

 Jesaja 58:5

  • Bid dat die honger, wat Moslems gedurende Ramadan ontwikkel, ‘n honger vir die waarheid en regte verhouding met God sal word.
  • Bid vir die beskerming van Marokkaanse Christene veral gedurende Ramadan.
  • Bid dat Marokkane sal leer om te vas om God te eer.
 


arise shine morocco