n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 37 |
Oos & WesMarokko staan bekend as die Arabiese nasie wat die verste wes geleë is en daarom staan Marokko dan ook in arabies bekend as “Maghreb”, wat “plek waar die son ondergaan” beteken. Geografies en kultureel is Marokko op die kruispad tussen Oos en Wes geleë. Oorlede koning Hassan II het eens gesê: “Ons is geleë op die kontinent van Afrika, maar die wind van Europa waai oor ons.” Hierdie spanning is oral teenwoordig. Daar is tweetalige padtekens, radio en televisie. Musiek is beide Oosters en Westers. Amerikaanse programme oorheers die televisie.Hoewel die Marokkaanse dialek nie heeltemal verstaanbaar is vir die Midde-Oosterlinge nie, is Arabies die primêre huistaal in Marokko en is dit die taal van Islam vir die afgelope 1400 jaar. Die Marokkane kyk oos na Mekka vir die pelgrimstog, na Egipte vir kultuur, “Oum Kalthoum” en seep operas; na Libanon en Sirië vir musiek; na Palestina vir politieke inspirasie; en na Iran vir verdruktes van imperialiste. Frans is die tweede nasionale taal, oorgeërf van die Franse besetting vanaf 1912-1956. Dit is die taal wat gebruik word in banke, besighede, tersiêre opleiding en op die internet. Marokko kyk na die Weste vir tegnologiese ontwikkeling, kommersiële modelle, moderne infrastrukture, mode en sport. Amerika word beny as ‘n paradys met ”MacDonald's, Microsoft, Michael Jordan, Mariah Carey, Hollywood, Buffy & Britney, Coca Cola en die Christendom. Met die groeiende belangrikheid van Engels as die taal van internasionale handel, leer meer en meer Marokkane die taal. Baie Marokkane voel minderwaardig, deels omdat hulle so ver van die Midde-Ooste geleë is en terselfdertyd uitgesluit is van die Europese gemeenskap. “iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word” Jakobus 1:6 “God wat gesê het: "Laat daar lig skyn uit die duisternis," het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal” 2 Kor. 4:6
|

