n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 38

Marrakech

Die naam “Marokko” is afgelei van Marrakech, en so ook het hierdie stad en die nasie sinonieme geword vir besoekers oor die eeue heen. Berber vorstehuise, wat fanatiese vorme van Islam aangegryp het, het Marrakech in 1070 AD gestig en toe gehelp om die bietjie van die vroeë Noord-Afrikaanse kerk wat oorgebly het, uit te roei.

Die moderne Marrakech is ‘n stad met ongeveer 1 miljoen mense.  Die stad trek baie besoekers met sy fassinerende kleurvolle bazaars en skouspelagtige ligging, met die sneeu-bedekte pieke van die Hoë Atlasberge in die agtergrond in sig.  Die baie bekende ou stadsplein, die “Djemaa el Fna”, is soos ‘n lewendige teater.  Daar is storievertellers, slangbekoorders, fortuinvertellers, tradisionele volksliedjiesangers, akrobate en ‘n verskeidenheid van ander eksotiese geïmproviseerde optredes en aktiwiteite wat elke dag plaasvind.  Toerisme en handewerk is die steunpilare van ‘n brose ekonomie.  Werkloosheid vier hoogty.  Daar is heelwat seksuele onsedelikheid, maar baie van die mense is tog ontvanklik vir die Evangelie.

Huidiglik is daar ‘n klompie klein gemeenskappe, wat uit bannelinge en Marokkane bestaan, in die stad.  Tog wil God ‘n kerk oprig wat eensgesind is, rein en heilig, wat saamgestel is uit die huiskerke van elke buurt.  So ‘n kerk kan ‘n groot rol speel om die hele streek, van die Atlantiese Oseaan tot by die Hoë Atlasberge, met die Evangelie te bereik.

“As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; 1Petrus 5:1-2

“Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.” 1Petrus 2:5

  • Bid vir ‘n honderd bannelinge en Marokkaanse werkers om huiskerke in elke buurt van die groter Marrakech te plant.  Bid vir die kerke dat hulle sterk sal wees, heilig, rein en eendragtig.
  • Bid vir gesalfde, volwaardige leiers om opgerig te word vir die Marokkaanse kerke.
  • Bid vir geregtigheid, voorspoed en vir hulle wat werk om Marrakech se ekonomie te verbeter.
 


arise shine morocco