n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 39 |
Landbou“Boerdery, soos die huwelik, is deur geloof.” – Arabiese slagspreuk Landbou verskaf werk aan sowat 40% van die Marokkaanse arbeidsmag, maar dit is minder as een vyfde van die BBP. Marokko kry meer reën en het die meeste vars water van al die Noord-Afrikaanse state. Die resultaat hiervan is dat hulle grotendeels selfonderhoudend is wat suiwelprodukte sowel as vleis, groente en vrugte aanbetref.Toenemende hoeveelhede van vrugte en groente, wat gekweek word vir uitvoer na Europese state, is ‘n belangrike bron van finansiële inkomste. Alhoewel graan op meer as twee derdes van die land se landerye geplant word, is dit nie voldoende vir ‘n nasie waarvan brood die stapelvoedsel is nie. Graan, suiker, olie en tee moet ingevoer word. Baie reken dat hulle as ‘n nasie minder moet staatmaak op die landbou en hulle meer moet toespits op nuwe werksgeleenthede in handearbeid, toerisme en om ander dienste te lewer. Tot onlangs het die Marokkaanse regering geglo dat voortgesette planne om besproeiing te vermeerder, die impak van sikliese droogtes sal oorkom. Marokkaanse velde is vandag baie klipperig en kaal as gevolg van oorbeweiding deur skape en bokke. Net soos die diere goeie en slegte rentmeesters voorstel (sien Matteus 25), stel hulle ook rykdom en omgewingsagteruitgang voor. Mag die Groot Herder die oë oopmaak van die boere, vir die simboliese belangrikheid van hierdie diere in landbougemeenskappe vandag. Die landboubedryf was ‘n tasbare deel van Jesus se wêreld. In Sy leringe het Hy baie voorbeelde gebruik van saad, saai, vrugte en oes soos Hy vertel het met die doel om mense te wys op die lewegewende Skepper. Mag die afgeleë armes van Marokko fisiese verligting vind deur meer reën en mag hulle geestelike verligting en nuwe lewe vind deur op die Lam van God te vertrou. “Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge.” Jesaja 44:3
|

