n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 40

Huwelik en Familie

Marokko is ‘n familiegeoriënteerde kultuur. Die nouste verhoudings wat mense het, is gewoonlik in die familie, insluitende tannies, ooms, neefs en niggies en skoonfamilie. Die Marokkane het tradisioneel saamgewoon in ‘n uitgebreide familie. Dit kom steeds baie voor in die plattelandse dele.  In die stede, het die kern familie baie meer algemeen geword, veral in die middelklas.  In baie gevalle waar beide man en vrou werk, is hulle eerste mikpunt, naas hulle huwelik, om ‘n huis van hul eie te begin.

Huwelike is nog ‘n aspek van Marokkaanse lewe wat verandering ondergaan.  Marokkane is meer geneig om te trou vir finansiële sekuriteit, respek en aanvaarding vir wat die samelewing aan die wat getroud is en kinders het,  bied, as vir ‘n romantiese en gesellige verhouding.  Hoewel voorafgereëlde huwelike steeds plaasvind en ‘n potensiële huweliksmaat steeds toestemming van die familie moet kry, is daar heelwat geleerde jongmense wat nou self hul huweliksmaats wil kies.

Tot en met die ouderdom van vyf word kinders baie hul sin gegee en word hulle nie veel gedissiplineer nie.  Soos hulle ouer word, word streng dissipline vinnig toegepas. Een algemene vorm van straf is om vir die kinders te sê dat hulle gedrag skandelik is, en dat jy aan ander gaan vertel wat hulle gedoen het.

Regdeur hulle lewe word eer hoog op prys gestel in die familie-eenheid. Daar word druk toegepas sodat daar aangepas word. Dit is veral waar wat moraliteit en godsdiens aanbetref. Wanneer iemand hom skandelike gedra het, word dit op die hele familie gereflekteer. Die familie verskaf bestaansekerheid. Die meeste Marokkane verwag nie hulp of ondersteuning van buite hulle familie nie.

“Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.” Gal 6:10

“‘n Slaaf bly nie vir altyd by ‘n huisgesin nie; ‘n seun bly vir altyd.” Joh 8:35

  • Bid vir Marokkaanse gesinne dat hulle sal volhard om sterk te staan, ten spyte van verandering.
  • Bid dat die Marokkaanse kerk soos ‘n familie sal word vir die Marokkane, en veral vir hulle wat deur hul eie families verwerp word omdat hulle besluit het om vir Jesus te volg.
  • Bid vir die vestiging van Christengesinne en -huishoudings.
 


arise shine morocco