n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 42

Musiek

Marokko het 'n ryk musikale erfenis van een generasie na die ander oorgedra.  Ritmes, melodieë en onderwerpe waaroor gesing word, wissel baie van streek tot streek en verskil grootliks van musiek wat in Arabiese volke verder oos geproduseer word.

Sommige Marokkaanse musiekvorme koester die ortodokse Islamitiese geloof.  Elke jaar is daar 'n fees van geestelike musiek in die stad Fes wat hierdie tipe musiek aanmoedig, maar dit gee ook 'n oop deur vir Christelike kunstenaars en sangers om geestelike musiek te sing.  Besoekende Christen kunstenaars kan dwarsdeur die jaar geleenthede kry om tydens optredes die evangelie uit te dra.

Sommige Marokkaanse musiek word direk gekoppel aan transendale danse en die oproep van geeste.  Dit het besondere belangstelling gelok van Westerse popsangers wat sedert die sestigerjare daarheen kom.  Die Gnaoua Fees in Essaouira fokus op hierdie tipe musiek.

Wat Marokkaanse Christelike musiek betref, is daar jaarlikse gebeure waar gelowiges opgelei word om aanbiddingsmusiek te skryf.  UItstekende materiaal word so geskep.  Bykomend het Marokkaanse Christene Marokkaanse musiek vir 'n wyer nie-Christen gehoor opgeneem.

Kultureel geskikte musiek is 'n kragtige manier om die evangelie aan te bied - op so 'n manier dat dit die hart sal aanraak en onthou sal word.  Musiek se ongelooflike potensiaal moet in Marokko vrygelaat word.

Ps. 100:2   "Dien die Here met blydskap!  Kom voor Hom met gejubel!"

Ps. 144:9   "Ek wil tot U eer 'n nuwe lied sing, o God. Tot U eer wil ek sing met begeleiding van die lier."

  • Bid vir 'n helder en duidelike evangeliese getuienis by die Fes Geestelike Musiekfees en dat Christensangers die oop deur, wat God gee deur geestelike musiek, sal gebruik.
  • Bid dat God in Sy groot genade die bose kant van sommige Marokkaanse musiek sal teëwerk en dat mense 'n weersin daarin sal kry sodat hulle Hom in Gees en Waarheid kan aanbid.
  • Bid dat Christelike Marokkaanse aanbiddingsliedere in elke kerk sal weerklink.
  • Bid dat Marokkane geestelike musiek in hulle idioom sal voortbring en dat hierdie styl en taal wyd versprei en aanvaar sal word.
 


arise shine morocco