n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 46

Generasies

Muhammed en Khadija is die ouers van vyf volwasse kinders.  Muhammed het ‘n klein kruidenierswinkeltjie waarin hy elke dag lang ure werk.  Khadija is ‘n goeie, hardwerkende vrou.  Hulle sê hulle gebede getrou vyf keer per dag op en volg die Koran so goed as wat hulle kan.  Muhammed verstaan ‘n bietjie Berbertaal, maar nie Khadija nie, daarom is hulle huistaal Marokkaanse Arabies.  Hulle trek konserwatiewe “djellabas” aan, en probeer om niks onsedelik te doen nie. Hulle hou van tradisionele Arabiese Marokkaanse musiek.  Muhammed en Khadija hoop om eendag ‘n pelgrimstog na Mekka te onderneem.

Muhammed se bejaarde vader, Ahmed, bly by hulle.  Hy werk nie meer nie, en bring sy dae deur op die markplein waar hy met sy boesemvriende sit en kuier.  Hy praat sy Berber moedertaal met sy vriende en geniet dit om te luister na tradisionele Berber musiek.  Hy weet hy is onvermydelik op pad na die einde van sy lewe, en daarom bid hy getrou.  Sonder om daarvan verseker te wees, hoop hy dat hy eendag sal vind dat sy gebede verhoor is.

Mariam is die jongste dogter.  Sy stel nie daarin belang om gebede op te sê of om die Koran te lees nie.  Sy dra stywe jeans, kort rokkies en al die jongste modes van Frankryk.  In plaas daarvan om haar kop, soos haar ma, fatsoenlik met ‘n doek te bedek, bleik sy haar hare en laat dit los hang oor haar skouers.  Mariam studeer by die universiteit, verkies om Frans te praat en luister na Westerse popmusiek.  Sy hou daarvan om in die dorp rond te drentel saam met haar vriende, of om haar kêrel skelm te ontmoet.  Sy wil graag eendag in Frankryk gaan studeer.

Muhammed en Khadija, Ahmed en Mariam woon saam in dieselfde huis, maar leef in verskillende wêrelde.  Hoe sal hulle ooit almal bereik word met die Goeie Nuus?

“Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.” Psalm 33:11

“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Hebreërs 13:8

  • Bid vir die ontwikkeling van effektiewe strategieë waardeur alle generasies Marokkane met die Evangelie bereik kan word.
  • Bid dat die jonger geslag, wat ontvanklik is vir nuwe dinge, die Goeie Nuus sal ontvang en aanvaar.
  • Bid dat die ouer mense in Marokko sal vind dat hulle geestelike behoeftes nie in Islam bevredig word nie, en dat hulle ‘n begeerte sal ontwikkel om God beter te leer ken.  Bid dat hulle die geleentheid sal hê om die waarheid te hoor.
 


arise shine morocco