n internasionale jaar van gebed vir Marokkos
| week 47 |
GasvryheidEen aand, terwyl ek besig was om in te pak vir ‘n besoek aan ons eie land, het my man huistoe gekom en gesê dat sy vriend, Youssef, ons vir aandete uitgenooi het. Dit was alreeds 19H30 en alhoewel my man die uitnodiging ten minste drie keer van die hand gewys het, het Youssef daarop aangedring dat ons moes kom.Nadat ons by hulle huis aangekom het, het ek in die kombuis by die vrouens gaan sit. Dit was duidelik dat hulle pas begin het om die groot “couscous”-maaltyd voor te berei. Ek is seker hulle het die hoender eers geslag nadat ons al daar aangekom het. Vir die volgende drie ure het ek die vrouens dopgehou terwyl hulle vrolik saamgewerk het. Hulle het glad nie gekla omdat Youssef gaste op die laaste minuut uitgenooi het, sonder om hulle te raadpleeg nie. Ons het ‘n wonderlike aand gehad, waarvan die rojale aandete, wat ons amper middernag eers geniet het, die hoogtepunt was. In die Marokkaanse kultuur word daar baie waarde aan gasvryheid geheg. Ten spyte van beperkte middele, vereer Marokkaanse gashere altyd hulle Westerse gaste met oorvloedige gasvryheid en vrygewigheid. Mens moet verwag om ten minste ‘n paar ure te spandeer wanneer jy ‘n uitnodiging aanvaar om ‘n Marokkaanse huis te besoek. Daar sal tee en koffie wees, saam met heerlike versnaperings, ‘n maaltyd sal ook bedien word, waarby daar warm, vars, tuisgebakte brood sal wees, asook vrugte. As jy uitgenooi word om oor te slaap sal jy oorweldig wees deur die behandeling wat jy ontvang. Gasvryheid en vrygewigheid is twee van die kosbaarste en innemendste kwaliteite van die Marokkaanse kultuur. Die Weste kan in hierdie opsig baie leer by Marokko. “Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.” Hebreërs 13:2 “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here, die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.” Maleagi 3:10
|

