n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 48

Handwerk

Ten spyte van toenemende kompetisie van fabrieksvervaardigde produkte, maak Marokkane nog steeds baie tradisionele items met die hand.  Hulle gebruik patrone en tegnieke wat van een geslag na die ander oorgedra word.  Leer en houtwerk, ingewikkelde teel- en mosaïekwerk, borduurwerk, pottebakkery en weef van matte is van die ambagte wat in Marokko bedryf word.

Die geboue in die straatjies van die stede is gevul met werkswinkels waar leer gekleur, gesny en aanmekaar gewerk word om pantoffels, handsakke, belde en fyn kledingstukke vir die toeriste te maak. In ander gedeeltes van die stad hoor mens weer die konstante gekap van dié wat koperprodukte maak.  Die aangename geur van die sederhout vul dié areas waar die houtwerk gedoen word.  Hele dorpies is toegewy aan en bekend vir ‘n bepaalde kunsvorm, soos bv. pottebakkerye of grofsmede.

Handwerk is ‘n bron van inkomste vir tienduisende Marokkaanse gesinne.  Baie van die produkte word gemaak vir uitvoer of om aan toeriste te verkoop.  Om ‘n ambagsman te wees is ‘n eerbare beroep en kan baie lonend wees vir iemand met uitstaande vaardighede.  Selfs die Here Jesus was ‘n skrynwerker.  Meer en meer Marokkane begeer egter ‘n goedbesoldigde beroep.  Soms is die lewe vir Marokkaanse ambagsmanne moeilik omdat hulle die artikels, wat hulle maak, moet verkoop om aan die lewe te bly.

“Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.” Psalm 90:17

  • Bid dat ambagsmanne nie so besig sal wees om in hulle fisiese behoeftes te voorsien, dat geestelike behoeftes verwaarloos word nie.
  • Bid dat Christen toeriste wat ambagsmanne op die markplein raakloop, tyd sal spandeer om met hulle te gesels en uit te vind of hulle ontvanklik is vir die Goeie Nuus.
  • Bid dat behoeftige Christene ‘n kunsvorm kan aanleer en bemeester sodat dit hulle uit armoede kan help.
  • Bid dat kundige gelowiges hulle kennis en ervaring met ander gelowiges sal deel en dat dit deur geslagte oorgedra sal word.
 


arise shine morocco