n internasionale jaar van gebed vir Marokkos

week 50

Die Ishilhayn

Dit is die naam van die grootste groep onder die Berbers van Marokko.  Die Ishilhayn Berbers is tussen vier en vyf miljoen mense en hulle is een van die grootste groepe in die wêreld wat nog so min bereik is.  Hulle is geharde, hardwerkende en spaarsame mense.  Maar daarby is hulle ook bekend vir hulle besondere gasvryheid.

Daar is honderde dorpies van die Ishilhayn wat versprei is in die Hoë Atlas-, die Anti-Atlasberge en die valleie tussenin. Hier gaan die lewe elke dag ongestoord aan soos dit in die afgelope eeue was.  Die meeste Ishilhayn vroue kook nog op ’n oop vuur waarvoor hulle hout kap en aandra uit die naaste bos, wat redelik ver kan wees. Water word aangedra uit die naaste fontein en klere word by die naaste stroom gewas.  Die mans plant aartappels, groente of graan in die klein landerye wat hulle met ’n houtploeg, wat deur muile getrek word, omploeg.

Daar is party van die Ishilhayn wat skape en bokke aanhou.  In die somermaande as die weer dit toelaat, laat hulle hulle vee hoër op teen die berghange en op die gelyktes, wat in die wintermaande toe is onder die sneeu, wei.  Vir dié wat in stedelike gebiede gaan woon het, is die lewe vir die vroue makliker en die mans doen dan enige werk wat daar vir hulle beskikbaar is.  Heelwat van hierdie Ishilhayn hou dan ’n winkeltjie aan en dié moet gewoonlik oop gehou word van ligdag af tot saans laat.

Daar is enkele Ishilhayn gelowiges wat op verskillende plekke inskakel by die nuwe Arabiessprekende gemeentes wat nou in Marokko ontstaan, maar daar is op die oomblik nog geen gemeente waar die mense in hulle moedertaal, Tashilhayt,  aanbid nie.  Daar is goeie dinge wat besig is om te gebeur, maar daar is nog miljoene Ishilhayn wat nog nooit die evangelie gehoor het nie.

Daar is te min werkers wat hulle daarop toespits om hierdie groot groep te bereik.  Bid hieroor!!

“Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer.” Psalm 22: 28

  • Bid dat die Ishilhayn gelowiges ’n visie sal kry van die vestiging van die kerk onder hulle eie mense.
  • Bid dat meer werkers geroep sal word en Tashilhayt sal aanleer en onder die Ishilhayn sal werk totdat daar gemeentes gevestig word wat die Here in hulle eie taal sal aanbid.
  • Bid dat daar goeie hulpmiddels vir evangelisasie in Tashilhayt
 


arise shine morocco